EHS – Toerismetoer

LEPHALALE — Die toerismeleerders van Hoërskool Ellisras het Woensdag 23 Augustus ‘n opvoedkundige uitstappie na die Voortrekkermonument en Gold Reef City gehad.
Volgens die toergids by die Voortrekkermonument in Pretoria is dié monument die grootste toeristeaantreklikheid in Suid-Afrika. Die leerders het opnuut die geskiedenis van dié majestieuse gebou gehoor en lesse geleer van vasberadenheid en ‘n diepgewortelde geloof in God.
Gold Reef City was daarna aan die beurt en ʼn hele paar leerders moes hulle hoogtevrees aandurf en oorwin by die pretpark.
Hulle het ook ʼn 4D-teater besoek waar hulle die “Groot Muur” gekyk en blykbaar woes moes koes vir die stene wat “aangevlieg” het.
Die leerders sê die uitstappie en lang ure op die bus was deur en deur die moeite werd en hulle sê veral dankie aan Manda Pitout, hulle toerismeonderwyser, wat dit gereël en hulle vergesel het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.