EHS trap lag-lag vir fondse

EHS trap lag-lag vir fondse
EHS trap lag-lag vir fondse

Fransa de Beer
LEPHALALE — Leerders van Hoërskool Ellisras het Donderdag 12 Mei van 16:00 tot 11:00 ‘n Spinathon op die sportgronde gehou om fondse in te samel. Dit was ‘n eerste vir die skool en onderwysers en leerders het ywerig getrap. Die leerders se mikpunt was “om Polokwane (Pietersburg) toe en terug te ry”, maar die mikpunt is ver oortref!
Gerrie Blom was die algehele wenner met amper 44 kilometer se trap. Die indivudele wenners was JP van Staden, ‘n o.14-rugbyspeler. Toe die span gevra is oor wie hulle wenner is, het van hulle gesê hul afrigter, Rohan Besseling, is vir seker hulle kampioen want hy het amper 36.6 km gery met ‘n “gekrokte knie“.
Die o.15-rugbyspan se beste trapper was Hendri Reynecke, die o.16-span se held was Gerrie Blom met 43.96 km, die tweede span se Janus Renynecke het 42.5 km getrap en die eerste span se wenner was Andreas van Zyl met 42 km.
Die wenspan vir die dag was natuurlik die eerste rugbyspan!
Onder die hokkiespanne is Tanya van Zyl die seniorwenner en Bianca Nel is as juniorwenner aangewys.
René Visser is die netbalspanne se seniorwenner en Lunette Bothma is as juniorwenner aangewys.
Die leerders is dit eens: dié spinathon het groot gees aangewakker (en wie kla nou oor die geld wat terselfdertyd ingesamel is?)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.