EHS trots op atlete

Hoërskool Ellisras is baie trots op die atlete wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe die afgelope week te Paarl, Wes-Kaap.

Danie Strooh diskus o. 18 derde plek, Elané Erasmus 400 m o. 16 vyfde (sy is ‘n Gr8 leerling en kan nog twee jaar in dié kategorie deelneem), Thikedzo Mulaudzi 110 m hekkies o. 18 vyfde en Reon Naude spiesgooi o. 16 sesde plek.

Daar is ook aan die volgende items deelgeneem deur die leerders:
Christie Kaiser 400 m o. 18
Nachelle Beetge 400 m o. 20
Unathi Mlotshwa 100 m en 300 m hekkies o. 16
Zoey Ellenis hoogspring o. 16
Tshepang Dankuru hoogspring o. 18
Emelia Higgo gewigstoot o. 16 en diskus o. 16
Michela Venter gewigstoot o. 16
Danie Strooh gewigstoot o. 18
Lourens Erasmus diskus o. 16
Nardo Craucamp diskus o. 18

Limpopo Atletiek het in besonder ook baie goed presteer en ‘n paar plekke opgeskuif.

Baie geluk aan al die atlete en afrigters, in besonder me Marna van der Merwe, mnr Wikus Geyser en mnr Riaan Vosloo.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.