EHS verheug oor uitslae

Sabrina Nortjé, Wilmari Louw, Anneli de Klerk, Boitumelo Ntshabele,
Kevin Dikhake en Dineo Selota was baie verlig om hulle uitslae te sien

LEPHALALE — Mnr Adriaan Joubert, skoolhoof van Hoërskool Ellisras, sê hulle is verheug oor die skool se matriekslaagsyfer van 95.3% vir 2018. Dit dui op ʼn verbetering van 4% op die slaagsyfer van die vorige jaar.

76 leerders slaag met universiteitsvrystelling en 34 leerders kan diplomakursusse gaan doen.

Carli Liversage slaag met ses onderskeidings en sy behaal ook die hoogste gemiddeld (86,6%) in haar groep. Sy behaal onderskeidings vir Wiskunde 93%, Fisiese Wetenskap 93%, Rekeningkunde 97%, Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) 89%, Lewenswetenskap 89% en Lewensoriëntering 84%.

Anri Spammer slaag met ses onderskeidings en het ʼn algehele gemiddeld van 83%. Sy behaal onderskeidings vir English First Additional Language 86%, Wiskunde 82%, Fisiese Wetenskap 80%, Lewenswetenskap 81%, Rekenaartoepassingstegnologie 90% en Lewensoriëntering 86%.

Marnique Gadda slaag met vyf onderskeidings en het ʼn algehele gemiddeld van 86.3%. Sy behaal onderskeidings vir English First Additional Language 81%, Wiskunde 90%, Fisiese Wetenskap 93%, Lewenswetenskap 90% en Rekenaartoepassingstegnologie 96%. Sy is ook die beste Rekenaar-toepassingstegnologie-leerder in Limpopo (sien berig langsaan – Red)

Die top 10 posisies word beklee deur Carli Liversage, Marnique Gadda, Anri Spammer, Dionette Viljoen, Henja Glas, Noluthando Jiyane, Erik van der Walt, Sabrina Nortje, MC Pitout en Robert Wallis.

Die Waterbergdistrik is derde in Limpopo.

Joubert bedank al die onderwysers en veral die tale-departemente wat elk ʼn 100% slaagsyfer behaal het. Die volgende vakke het ook ʼn 100% slaagsyfer behaal: Lewensoriëntering, Geografie, Verbruikerstudie, Inligtingstegnologie, Rekenaartoepassingstegnologie, Elektriese Tegnologie, Toerisme, Siviele Tegnologie, Gevorderde Program Wiskunde en Ingenieursgrafika en Ontwerp.

Die top-leerders in die onderskeie vakke is: Wiskunde: Carli Liversage, Rekeningkunde; Carli Liversage, Fisiese Wetenskap: Carli Liversage en Marnique Gadda; Lewenswetenskap: Marnique Gadda; History: Lerato Moremi; Geografie: Tanita Strydom; Afrikaans Huistaal: Henja Glas; English Home Language: Noluthando Jiyane; Sepedi Home Language: Renata Tshelane and Mmaputhi Lewatle; English First Additional Language: Anri Spammer; Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Noluthando Jiyane; Business Studies: Renata Tshelane; Ingenieursgrafika en Ontwerp: Steyn van Staden; RTT: Marnique Gadda; Siviele Tegnologie: MC Pitout; en Lewensoriëntering: Anri Spammer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.