EHS vs Witteberg

LEPHALALE — Die sportspanne van Hoërskool Ellisras het die spanne van Hoërskool Witteberg van Bethlehem in die Vrystaat die afgelope naweek hartlik ontvang vir ’n jaarlikse sportdag.

Die Bethlehemmers wat gewoond is aan koue temperature, het die Bosveldgasvryheid baie waardeer, maar hulle sê dit is verskriklik warm in die Bosveld!

EHS se o. 14-rugbyspan het naelskraap gewen met ’n telling van 19-17. Die o. 15-, o. 16- en tweede span verloor, maar die eerste span wen 25-22. Harde rugby is gespeel, maar dit was ’n goeie leerskool.

EHS se netbalspanne het goed gedoen. Die o. 14-span wen 11-3, die o. 15-span wen 20-19 en die o. 16-span wen 37-5.

Witteberg se derde hokkiespan het teen EHS se o. 16-span gespeel en EHS wen 3-0 en EHS se eerste span het gespeel teen Witteberg se tweede span en EHS wen 1-0.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.