Ellisras adviseurs staan uit – soos altyd!

LEPHALALE — Dorothy Davies en Gwyneth Hunter, Sanlam se finansiële adviseurs in Lephalale, het weer eens gedurende die 2017-bemarkingsjaar hul kwaliteite gewys. Beide het tydens die glansryke prysuitdelingsfunksie wat by Weesgerus vakansieoord gehou is met talle gesogte pryse weggestap.

Dorothy is vir die soveelste keer aangewys as Sanlam Limpopo kampioen asook Streekkampioen en is ondere andere ook bekroon met die volgende toekennings: Herhalende premiekampioen, Nuwe besigheidkampioen en Aantal sake-kampioen.

Sy eindig in die landswye Sanlam Nasionale kompetisie in die tweede plek wat haar laat kwalifiseer vir ʼn reis na Berlyn! Sy kwalifiseer ook vir haar 18de IQA met drie sterre. Verder kwalifiseer Dorothy vir die Sanlam 100 Klub-toekenning ter viering van Sanlam se 100ste bestaansjaar in 2018. Sy kwalifiseer vir die Noordland Uile en word aangewys as Noordland kampioen vir 2017.

Gwyneth, haar dogter, staan nie ver terug nie het toekennings vir die volgende ontvang: Noordland Kompkamp, Noordland Uile en kwalifiseer vir haar derde IQA.

Dorothy bedank Sanlam as ʼn gerekende finansiële diensteverskaffer vir die goeie platform wat hulle aan bemarkers bied. Sy bedank ook haar man Keith, haar jarelange staatmaker, asook haar knap personeel en haar familie vir hulle ondersteuning waarsonder hierdie prestasies nie moontlik is nie. En dan natuurlik bedank Dorothy haar Hemelse Vader vir elke dag se krag om met ywer haar werksaamhede voort te sit.

Kontak Dorothy by 014 763 2260/082 783 3298 vir enige finansiële advies.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.