Ellisras VLU blom

Ria Strydom, Leandra Le Cornu en Annatjie Dreyer
Ria Strydom, Leandra Le Cornu en Annatjie Dreyer

LEPHALALE — Ellisras VLU het ‘n algehele derde plek en verskeie ander prestasies behaal tydens die Bosveldstreekkonferensie wat op 2 Maart gehou is. Hulle het ook met die blommetrofee weggestap.
In die blomme-afdeling behaal Ria Thuynsma en Johanna van der Merwe ‘n gesamentlike tweede plek in die ope-kategorie; Bettie Pistorius ontvang ‘n eerste plek in die gevorderde kategorie; Karen Stadler behaal ‘n gedeelde eerste plek in die gemiddelde kategorie en Mariska Ehlers behaal ‘n eerste plek in die beginnersafdeling.
Lede het ook in ander kategorieë uitgestyg – Annalize Maritz ontvang ‘n eerste plek vir haar Makataankonfyt; Bettie Pistorius kry ‘n eerste plek vir haar keramiek-lepelrus en Hannatjie Erasmus ontvang ‘n derde plek in dieselfde afdeling. Bettie het ook ‘n tweede plek behaal vir haar mosaïekartikel. Henriette Vorster behaal ‘n tweede plek met haar soutkoekies en ‘n derde plek vir haar fotografie; Marika van Zyl behaal ‘n derde plek met haar skildery en Karen Stadler ‘n tweede plek in dieselfde afdeling.
Die dag is afgesluit met die verkiesing van ‘n nuwe Bosveldstreekvoorsitter en Ellisras VLU is baie trots daarop dat hulle takvoorsitter, Ria Strydom, verkies is tot die nuwe streeksvoorsitter.
“Haar harde werk is raakgesien en ons weet sy gaan ook van hierdie nuwe taak ‘n sukses maak. Ellisras VLU staan bankvas agter haar” sê die lede.
Skakel Ria Strydom by 084 520 0120 vir meer inligting oor die tak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.