Ellisras VLU druk besig

Marieta Eckard en Miems Erasmus is druk besig met hulle kwiltwerk

LEPHALALE — Die lede van Ellisras VLU het Donderdag 23 Maart ‘n baie insiggewende byeenkoms gehou met spreker Lizelle Roux.
Lizelle het gepraat oor basiese voorwaardes vir die werknemer, werkgewer en huishoudelike werkers. Die dames sê hulle het baie geleer.
Daarna is gedemonstreer om ‘n mooi kwilt met die hand te maak deur klein sirkeltjies lap te gebruik.
Hulle volgende byeenkoms is Donderdag 20 April en almal wat daarvan hou om nuwe dinge te leer word genooi om dit by te woon. Skakel Marika van Zyl by 082 824 6286 vir meer besonderhede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.