Ellisras VLU sluit af

vlu-ellisras-sluit-af

Henriette Vorster
LEPHALALE – Die vroue van VLU Ellisras het die jaar op 10 November afgesluit met ‘n spoggerige ete by Charmin Cupcakes.
Nie net is daar ‘n glasie geklink op hul bedrywige jaar nie, maar ook op die 85ste verjaarsdag van die SAVLU (Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie). Hul wens is dat die organisasie nog baie vroue vir vele jare sal inspireer en bemagtig.
Ria Strydom is bedank vir haar leierskap gedurende haar termyn as voorsitter van Ellisras VLU en sy is sterkte toegewens met die nuwe uitdagings as voorsitter van die VLU Bosveldstreek.
Ria het op haar beurt almal bedank vir hul ondersteuning en sy sê sy sien uit om steeds ‘n positiewe bydrae te maak as sekretaresse van die tak.
Daar is die res van die oggend gesellig gekuier, geskenke uitgeruil en heerlik gesmul aan die eetgoed.
Vir meer besonderhede oor Ellisras VLU se planne vir volgende jaar, skakel Charlene van Eeden by 079 059 8800.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.