Ellisras VLU vier kultuur

Foto regs v.l.n.r: Karen Stadler, Ignatius Erasmus, Marieta Eckard, Ria Strydom by die outydse gebruiksartikels van Marieta Eckard. In Karen en Marieta se hande is die pragtige skinkborde wat Marieta se familie bekom het tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument
Foto regs v.l.n.r: Karen Stadler, Ignatius Erasmus, Marieta Eckard, Ria Strydom by die outydse gebruiksartikels van Marieta Eckard. In Karen en Marieta se hande is die pragtige skinkborde wat Marieta se familie bekom het tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument

LEPHALALE — Ellisras VLU het die ryk Suid-Afrikaanse kultuur bespreek tydens hul takvergadering op Donderdag 25 Februarie. Lynette Barnard en Bettie Pistorius het die dag se verrigtinge georganiseer.
Marieta Eckard was eerste aan die woord. Sy het aan die hand van ou gebruiksartikels oor haar kinderjare en wat sy onthou oor hoe mens in daardie jare geleef het. ‘n Botterpers, koolstoof-strykysters, ‘n morsekodemasjien en ‘n skeermes was alledaagse items in haar jong dae. Sy het hul Hollandse familiebybel gewys en vertel hoe hulle die hele naweek met hul waens by die kerk uitgekamp het en hoe godsdiens ‘n integrale deel van hul vereenvoudige lewenstyl uitgemaak het. Sy het meer vertel oor die Hollandse invloed op Suid-Afrika se taal- en koskultuur. Die Maleise – en Oosterse invloed is te sien in SA-kerriedisse en die Voortrekkers het die immergewilde beskuit en biltong tot die spyskaart gevoeg.
‘n Kosbare erfstuk is die pragtige skinkborde wat Marieta se familie bekom het tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument. Karen Stadler het haar ervarings met mense van ander kulture gedeel. Sy het in haar lewe te doen gekry met die transformasieproses in Matimba en stamdanskompetisies bygewoon. Dit het blywende indrukke gelaat en haar gehelp om ander kulture beter te verstaan.
Ignatius Erasmus was die gasspreker. Hy het gesê die Afrikaanse kultuur lê hom baie na aan die hart. Volgens hom is kultuur om te onthou hoe dinge was en dit lewendig te hou. Wanneer hy sy koppie koffie uit sy oupa se koffiefles drink, gaan sy gedagtes ver terug op ‘n herinneringsreis. Volgens hom is aanpassings goed in die moderne tye, maar mens moenie die goeie vergeet en afsterf nie. Hy het die VLU dames aangemoedig om die stoetvroue te wees van die Afrikaanse kultuur; die polisievroue wat resepte en gewoontes lewendig hou. “‘n Blikkie ingemaakte perskes of koejawels proe darem nie dieselfde as dié in ‘n bottel, ingemaak deur jou ouma of tannie nie. So ook is die maklike “KFC-opsie” glad nie ‘n waardige teenstander vir die skaapboud-met–sorg-gemaak saam met familie, om die Sondagtafel nie.
Wil jy graag jou kultuurwortels versterk? Skakel Ria Strydom by 084 520 0120 vir meer inligting oor Ellisras VLU se bedrywighede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.