Elsie Versfeld

18 April 1959 – 29 Junie 2017

LEPHALALE — Elsie Versfeld het vir 15 jaar in Tolwe gewoon en sy was vir ‘n geruime tyd nie gesond nie. Sy is Donderdag 22 Junie in Mediclinic Lephalale opgeneem, terwyl haar toestand al hoe meer versleg het.
Elsie kon dus nie haar pa, Piet Pieterse, se begrafnis op 28 Junie bywoon nie. Na afloop van Piet se gedenkdiens het die familie haar in Mediclinic Lephalale gaan groet en sy is later die dag per helikopter na Pretoria-Oos Hospitaal vervoer. Elsie is egter Donderdagoggend om 9:10 oorlede.
Haar begrafnisdiens was Woensdag uit die NG Kerk Albertyn en ds. Jordt van Swartwater het die diens waargeneem.
Martiens, Elsie se eggenoot, en die kinders bedank almal wat hulle bygestaan het in dié hartseertyd.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.