Enkellopend?

Leoni Kruger
LEPHALALE — Helené Powell, gebore en getoë in Lephalale, het besluit om iets te probeer doen omtrent die klomp enkellopende jongmense in die dorp wat graag iemand in hulle lewe wil hê, maar nie geleentheid het om mekaar te ontmoet nie. Byvoorbeel is mense wat nie noodwendig na kroeë of kuierplekke gaan nie.
Volgens Helené was die aanvanklike gedagte om die eerste “blitsafspraakaand’ te reël vir Valentynsdag, 14 Februarie, ook aangesien dit vanjaar skrikkeljaar is. Dié plan het toe nie gerealiseer nie, maar dit is mos heel jaar skrikkeljaar!
Haar plan is om ‘n blitsafspraakaand te reël vir Woensdagaand 20 April. “Die ideaal sal wees as 10 mans en 10 dames aan die eerste geleentheid deelneem” sê sy. Sy het klaar met ‘n restaurant in Lephalale Mall gereël vir ‘n lang tafel dié betrokke aand.
Dit werk so: die dames sit aan die een kant van die tafel en die mans aan die oorkant. Jy kry vyf minute om te gesels met die persoon oorkant jou en wanneer die vyf minute verby is, skuif die mans een stoel aan. Wanneer almal die geleentheid gehad het om met mekaar te praat, laat weet jy vir die organiseerder in wie jy geïntereseerd is en as albei partye belangstel word nommers uitgeruil. Helené sê geen nommer sal uitgeruil word wanneer albei partye nie voel hulle wil mekaar beter leer ken nie.
Die plan is om dié blitsafspraakaand eers net een keer elke drie maande te hou.
Enigiemand wat graag in dié pret wil deel skakel Helené by 079 195 2416 of stuur ‘n e-pos na helenepowell123@gmail.com voor 15 April.
Wie weet – dalk is hierdie net die kans om die maat van jou drome te ontmoet!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.