Eurika Lee 23 Maart 1960 – 22 Januarie 2021

Eurika Lee (60) is Vrydag 22 Januarie 2021 in ’n hospitaal in Pretoria aan Covid-19-verwante simptome oorlede.

Volgens haar seun, Carel, het sy voor Nuwejaarsdag begin simptome kry.

Sy is Vrydag 8 Januarie in Mediclinic Lephalale opgeneem en later oorgeplaas na Medstep Kliniek in Pretoria waar sy op ’n ventilator was. Sy is presies twee weke later oorlede.

Die Lee-gesin en die res van die familie bedank die gemeenskap van Elliras vir al die boodskappe, oproepe en ondersteuning.

Eurika laat haar man, Hennie, haar drie seuns, Carel, Kobus en Hennie, asook haar skoondogters en kleinkinders agter.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.