Familiedag met ‘n verskil!

LEPHALALE — Gaan roer jou pot by die Boeresportfamiliedag by Elephant Bull Sports Bar op Saterdag 8 Julie!
Inskrywings vir die potjiekoskompetisie is R150 per inskrywing, maar dit gee jou ook toegang tot ‘n skitteroptrede deur Chané Valentine en die kans om ‘n rooibok te wen!
Die program vir die dag is as volg:
14:00 – Potjiekoskompetisie begin
15:00 – Boeresport vir kinders
17:00 – Mnr Bosveldboeresport
18:00 – Potjiekosbeoordeling en
prysuitdeling
20:00 – Chané Valentine
Toegang tot Chané Valentine se optrede is R80 per volwassene en R40 vir kinders onder 16 jaar.
Vir navrae of inskrywings, skakel Rina by 084 414 4892 of stuur ‘n e-pos na rina2sa@gmail.com

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.