Fatale botsings

IMG-20160607-WA0001

Leoni Kruger
LEPHALALE — Twee persone is dood en ander ernstig beseer na twee botsings in Nelson Mandelalaan in die vroeë oggendure van Sondag 5 Junie.
Die eerste botsing was rondom 02:30 en twee voertuie, naamlik ‘n rooi Honda Ballade en ‘n wit Ford Eco was betrokke. Die insittendes van beide voertuie is ernstig beseer en volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale polisiewoordvoerder, het een van die insittendes nie op die toneel nie, maar later beswyk.
Die ander botsing was om ongeveer 03:55 en die voertuie betrokke was ‘n wit Volkswagen Polo Vivo en ‘n rooi Golf GTi. Volgens a.o. Mokoena is een persoon, die bestuurder van die Polo Vivo, in dié voorval dood en die ander twee is baie ernstig beseer.
Sake van strafbare mansslag is geopen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.