Fietsryers presteer

Vlnr Menno Glas, Dawie Grobbelaar, Leeb Meyer (nie van Hoërskool Ellisras nie)

LEPHALALE — Fietsryers van Hoërskool Ellisras en Laerskool Bosveld het op 29 Junie 2019 aan die derde Limpopo bergfietsmarathon te Magoebaskloof deelgeneem en goed gevaar.


 Die fietsryers word tans afgerig deur Dawie Grobbelaar van Infinite Training.
 Die uitslae vir die Magoebaskloofmarathon was as volg:
• Dawie Grobbelaar: algeheel eerste en eerste in sy kategorie;
• Menno Glas: algeheel derde en tweede in sy kategorie;
• Xander Higgo: vyfde in sy kategorie;
• Janco von Rönge: derde in sy kategorie; en
• Inge von Rönge: eerste in die 15 km-wedren en eerste in haar kategorie.

Na die derde marathon is Dawie Grobbelaar eerste in sy kategorie; Menno Glas en Xander Higgo is onderskeidelik eerste en derde in hulle kategorie en Janco von Rönge is tweede in sy kategorie. Nog twee marathons lê voor waarin hierdie ryers punte kan opbou om te kwalifiseer vir Limpopo-kleure.

Fietsryers van die plaaslike skole gaan gedurende die derde kwartaal deelneem aan die Spur MTB-Skoleliga.

Die eerste byeenkoms word Saterdag 13 Julie 2019 by Hoërskool Ellisras gehou. Die skool het ’n splinternuwe “pump track” wat deur Grobbelaar ontwerp en gebou is en beloof om ’n uitdaging vir menige ryer te wees.

Leerders kan by hulle skole inskryf vir die opwindende reeks wat voorlê.
  

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.