Fietsryers word gewaarsku

LEPHALALE — ‘n Onbekende man het Donderdag 2 Februarie om ongeveer 07:00 byna ‘n seun se fiets van hom afgeneem op die hoek van Ouhout- en Peter Mokabastraat in Onverwacht. Hy kon egter nie daarin slaag om die fiets te vat nie.
Lede van die Lephalale gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) waarsku die gemeenskap en spesifiek ouers wie se kinders skool toe loop of fiets ry om op die uitkyk te wees vir enige verdagtes in die omgewing. “Wees bedag daarop dat kinders se veiligheid moontlik in gedrang mag wees” sê hulle.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.