Frank Opperman by Elegant Fuel

LEPHALALE — Elegant Fuel Suid-Afrika vier vanjaar hulle tiende bestaansjaar en Elegant Fuel Lephalale is gebruik in ʼn nasionale advertensie wat vanaf 22 April op M-Net uitgesaai gaan word.

Heinz Lindhorst, verkoopsbestuurder, Frank Opperman, Marius Coetzee, algemene bestuurder en Ryno Strydom, bemarkingsdirekteur by Elegant Fuel

Volgens Marius Coetzee, algemene bestuurder van Elegant Fuel Lephalale, is hulle baie trots daarop dat dié vulstasie as Elegant Fuel se vlagskip in die land beskou word. Dit is ook waarom die advertensie hier gemaak is.

Bekende en geliefde akteur Frans Opperman is die hoofkarakter in die advertensie en hy was vir twee dae van 18:00 tot 04:00 in Lephalale vir die skiet van die advertensie.

Die boodskap wat die advertensie wil oordra is die goeie diens wat van Elegant Fuel ontvang word en die dansende Opperman kan sy vreugde oor dié goeie diens nie wegsteek nie.

Die advertensie se tydgleuf is Sondaeaande voor en na Carte Blanche.

Opperman, wat deel is van ʼn bekende televisieprogram waar bekendes saam met professionele dansers dans, is sigbaar slanker en “gesonder as ooit”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.