Fratsongeluk

SHONGOANE — ‘n Fratsongeluk het Donderdagmiddag 12 Januarie op die Markenpad, naby die Phaladira Mall plaasgevind waarin ‘n wiel van ‘n waentjie blykbaar verloor het en ‘n botsing plaasgevind het.
Dit was nie seker in watter rigtings die voertuie oppad was nie. Op die toneel het die waentjie alleen, ongeveer 70 meter vanaf die voertuie, gestaan. Die eienaar van die waentjie het saam met Mogol Pos op die toneel aangekom en was op daardie stadium ook onseker oor wat presies gebeur het. Polisie van Villa Nora asook nooddienste was ook op die toneel. Daar was geen ernstige besering nie

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.