Fratsongeluk eis Ivan

LEPHALALE — Die 35-jarige Ivan Jansen, ’n werknemer van Exxaro wat in Onverwacht in Peter Mokabalaan gewoon het, is Saterdagmiddag 7 Maart omstreeks 14:40 dood in ’n fratsongeluk nadat ’n muur in sy erf op hom geval het. Die muur het volgens inligting sy rug eerste getref.

Volgens die polisie was hy besig om die muur af te breek met ’n slyper (grinder) om ’n voertuigafdak op te rig toe die fratsongeluk gebeur.

Lede van Lephalale Polisie, Exxaro se noodpersoneel en die GPF se eerste reaksie-eenheid was vinnig op die toneel, maar dit was reeds te laat.

’n Geregtelike doodondersoek is geopen by Lephalale Polisie.

Mogol Pos se innige simpatie aan die familie met die groot verlies.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.