Gaan appèl teen wateraanleg (MKWAP-2A) slaag?

Nemai Consulting, die konsultasiemaatskappy betrokke by die Omgewingsimpaktoetse vir MKWAP-2A, het teen druktyd bevestig dat die Appèlproses wat van stapel gestuur is ingevolge die Nasionale Appèlregulasies, 2014, steeds voortduur.

Die voormalige Departement van Omgewingsake het op 18 Maart 2019 Omgewingsmagtiging vir die MKWAP-2A-projek toegestaan, maar Appèl is aangeteken. Volgens Nemai Consulting word daar teen die einde van September 2019 ʼn beslissing verwag van die nuutgestigte Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye. Die uitslag van die Appèlproses sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.