Gaan kuier saam met BUCO by die perdekamp!

Daar word Saterdag 29 Junie perdesport by die perdekamp aangebied en BUCO is daar vir jou plesier!

Die Countrysanger Will Jordan tree van 17:30 tot 21:30 op en ʼn meganiese bul sal van 11:00 tot 19:00 sorg vir heerlike vermaak.

Die Gymkanavertoning is ʼn groot 30 minute-hoogtepunt wat om 11:00 begin.

Daar sal deurentyd speletjies vir die jongspan aangebied word en kosstalletjies sal die winterhonger stil.
 Let asseblief daarop dat geen koelhouers by die terrein toegelaat sal word nie, maar daar is wel ʼn kontantkroeg.

Onthou om warm aan te trek en jou lyf reg te hou vir lekker dans.

Teen slegs R20 toegangsgeld kan jy nie hierdie pretgeleentheid misloop nie!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.