Gat vir gat geniet

LEPHALALE — Die NG Kerk Ellisras-Wes het Saterdag ʼn suksesvolle gholfdag in snikhete hitte aangebied wat aangehou het tot ʼn ysige koue Saterdagaand. ʼn Dag wat volgens van die spelers gat vir gat gate uit geniet is!

Die Vancoet-orkes met Ds Cornel op baskitaar (tweede van links)

 

Die dag is baie goed bygewoon met 102 spelers in ʼn tweebal-alliansie. Mulligans was teen R20 te koop. Vir dié wat nie weet nie, ʼn Mulligan beteken dat jy betaal word om weer ʼn kans te kry as jy ʼn baie swak hou gespeel het en nie gepenaliseer word vir die swak hou nie.

Riaan Maartens, kom-iteelid, het die prysuitdeling waargeneem en Gert du Plessis het ʼn veiling waargeneem wat goeie geld vir die kerk geïn het.

Die reëntjie wat uitgesak het tydens die prysuitdeling en veiling het almal onder die lapa laat skuiling soek en die heerlike kospotte laat opsoek.

Die hoogtepunt van die aand was toe ds Cornel Viljoen en die Vancoet-orkes die gaste met musiek en sang uit die boonste rakke vermaak het.

Die kerk bedank almal wat borgskappe gegee het asook elke deelnemer wat ʼn suksesvolle gholfdag verseker het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.