Geen borg vir Pieterse-verdagte

LEPHALALE — Die vier verdagtes vir die moord op Pieter (Vink) Pieterse op die plaas Sumadi op 6 Februarie vanjaar het Dinsdag 28 Februarie weer in die Landdroshof in Lephalale verskyn. Die een verdagte, Joel Matshaba (34), het aansoek gedoen vir borg.
Die Pieterse-familie het baie ondersteuning vanuit die gemeenskap gehad en verskeie boere uit die ongewing het die hofsitting bygewoon.
Teen ongeveer 16:45 het die Landdros uitspraak gelewer dat geen borg toegestaan word nie. Die saak is uitgestel na Donderdag 11 Mei 2017 vir verdere ondersoek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.