Geen borg vir Rasodi

Tshepo Rasodi

LEPHALALE — Een van die verdagtes vir die moord op Pieter (Vink) Pieterse op 6 Februarie verlede jaar, het weer in die hof verskyn vir ʼn borgaansoek.

Tshepo Justice Rasodi (27) is Maandag 29 Januarie, na ses hofverskynings, borg geweier in die Landdroshof in Lephalale nadat hy intussen ook verbind is met twee huisbraaksake en die diefstal van ʼn motorvoertuig. Die saak is uitgestel na 8 Februarie wanneer hy in die Streekshof in Lephalale sal voorkom.

Al vier verdagtes vir die moord op Pieterse, Joel Matshaba (34), Phineas Molangoane (36), Thabelo Motsamai (22) en Tshepo Rasodi (27) het Woensdag 31 Januarie weer in die Landdroshof in Lephalale verskyn op aanklagte van moord maar die uitslag was teen druktyd nog nie bekend nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.