Gegradueerdes maak trots

Leoni Kruger
Lephalale — Katrien de Ridder het in 2010 gematrikuleer aan Hoërskool Ellisras en sy het onlangs haar meestersgraad in BSc Plantpatologie by die Universiteit van Pretoria ontvang.
Katrien werk tans by ‘n maatskappy wat insekdoders, onkruiddoders en plantbemesting navors en uitvoer. Dit neem gewoonlik twee jaar om ‘n gif te registreer, maar met die onlangse kommandowurmplaag het hulle dit reggekry om die gif binne twee weke te registreer en te versprei.
Janè Peens het in 2012 gematrikuleer aan die Hoërskool Ellisras en sy het verlede week haar graad in Chemiese Ingenieurswese by die Universiteit van Pretoria ontvang.
Janè studeer tans verder in Chemiese Ingenieurswese en sy doen haar Honneurs- en Meestersgraad tegelykertyd.
Zander Oosthuizen het in 2011 gematrikuleer aan die Hoërskool Ellisras en hy het onlangs sy Honneursgraad in Chemiese Ingenieurswese by die Universiteit van Pretoria ontvang.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.