Gesteelde eiendom terug

Lede van die Heritage Protection Group (HPG), ’n privaat ondersoekeenheid, tesame met lede van Senyaka Nyaka Sekuriteit, het verlede week inligting opgevolg oor mense wat in besit is van gesteelde eiendom.

Die verdagtes is Sondag 22 September gearresteer en die goedere, wat op plase in die Stockpoort-omgewing gesteel is, is in hulle besit gevind.

Die verdagtes is aan Tom Burke SAPS oorhandig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.