Gewilde markdag

Kersvader deel geskenke uit met Cheree van Seventer sy regterhand …
Kersvader deel geskenke uit met Cheree van Seventer sy regterhand …

LEPHALALE — Markdag, speletjiedag, kuierdag, pretdag. Boonop het kersvader Saterdag 26 November ook nog by The Junction opgedaag in ‘n bloedrooi brandweerwa!
Die dag het om 14:00 afgeskop en daar was genoeg interessante stalletjies en mense kon na hartelus koop en die dag saam met hul kinders geniet. The Junction spog met ‘n pragtige venue vir enige funksie en die speelparkie asook die diere is ‘n groot aantrekkingskrag vir veral die kinders.
Die markdae is nou ‘n gereelde instelling by The Junction en voornemende uitstallers kan hulle gerus kontak by 079 703 2929.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.