Gholfnuus

Op die foto is die SNC-Lavalinspan van links na regs Louis Jordaan, Len Steyn
en Gert Pepler (Pierre Malan was afwesig)

LEPHALALE — Die “Contractors Cup” is Saterdag op Mogol Gholfbaan beslis met 11 spanne wat mekaar die stryd aangesê het. Die weer was perfek vir die spelers wat ’n bitter warm dag verwag het.

Die eerste nege putjies is voor die belangrike Rugbywêreldbekereindstryd gespeel en die tweede nege met ’n lied in die hart ná die wedstryd.

Baarata het in die derde plek geëindig met Exxaro se span in die tweede plek. Die wenners vir die dag was SNC-Lavalin se A-Span en hulle wen die beker met ’n telling van 96.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.