Gimnaste sluit af en samel in

SWARTWATER — Swartwater Gimnastiekklub het Saterdag 17 November hulle gimnastiekprysuitdelingsfunksie gehou, wat saamgeval het met ʼn fondsinsamelingsprojek.

Swartwater Gimnastiekklub se wisseltrofeewenners vir 2018 is agter v.l.n.r.: Juan Jones: beste seungimnas, Bismarck van Blerk: mees belowende seungimnas; Nick Jones: mees gemotiveerde seungimnas en vir die hoogste punt behaal op ʼn apparaat tydens ʼn kompetisie; en Jacques-Louis Hendriks: beste vordering seungimnas. Voor: Anke Janse van Vuuren: beste dogtergimnas; Carli Malherbe: mees belowende dogtergimnas; Danielle Meyer: beste vordering dogtergimnas en Wilmarie Zietsman: mees gemotiveerde dogtergimnas

Wisseltrofeë is uitgedeel en die fondsinsameling het behels dat elke gimnas vir ʼn minuut lank wawiele en vooroorrolle moes doen en borge moes kry om per minuut te betaal. Dit was groot pret toe die ouers ook moes inval met wawiele en rolle.

Die geld wat ingesamel is word gebruik om nuwe apparate te koop vir die gimnastieksaal.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.