SWARTWATER — Die vlak 4- en 5-gimnaste van Swartwater Gimnastiekklub het Saterdag 18 Augustus aan die Waterbergdistrik-kompetisie deelgeneem en almal het gekwalifiseer om op 7 en 8 September aan die Limpopokompetisie deel te neem.

Die vlak 4-seungimnaste is Bismarck van Blerk en Juan en Nick Jones en die vlak 4 en 5-dogtergimnaste is Zane Janse van Vuuren, Lisa O’Neil, Leanè Botha, Mart-marie du Preez en Lara van Staden.

Afrigters Melissa Gouws en Yolandè Vos is baie opgewonde vir die geleentheid wat hulle gimnaste het en hulle sê dit is al die harde werk wat beloon word.