Goeie plekke vir Bossie-boogskuts

Leonell van Coller , Salome Boshoff , Samuel Leahy, Franco Oberholzer

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het Saterdag 20 Julie aan ʼn boogskietkompetisie by Hoërskool Ellisras deelgeneem en goeie plekke behaal.

Die Bossies se A-span behaal ʼn eerste en die B-span ʼn derde plek.

Leonell van Coller behaal ʼn tweede en Salome Boshoff ʼn derde plek in die afdeling vir junior dogters.

Franco Oberholzer behaal ʼn tweede en Samuel Leahy ʼn derde plek in die afdeling vir junior seuns.

Die volgende kompetisie word Saterdag 3 Augustus by Waterberg Academy in Vaalwater gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.