Goeie plekke vir EHS-boogskuts

LEPHALALE — Die boogskuts van Hoërskool Ellisras het Saterdag 15 Februarie deelgeneem aan ’n boogskietkompetisie, aangebied deur Lephalale Primary. 145 skuts vanuit agt skole het aan die kompetisie deelgeneem.

EHS se A-span behaal ’n eerste plek in die Junior High-afdeling met ’n totaal van 3 078 punte en die B-span behaal ’n derde plek in dieselfde afdeling met ’n totaal van 2 637 punte.

Christiaan Lamprecht van EHS behaal ’n algehele derde plek met ’n totaal van 289 uit 300 en Sonja Swart behaal ’n eerste plek in die Rising Star Swart-kategorie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.