Goeie pryse by Karsten-veiling

CDP Afslaers het onlangs Karsten Boerdery, boerbokke en dorpers, se veiling aangebied met gasverkoper Chafra wit dorpers.

V.l.n.r.: Corne du Plessis, Jeffrey, James Martiens,
CR Botha en Haraldo Smith by die duurste ooie

Volgens Corné du Plessis, afslaer, spreek die kwaliteit van Karsten se diere vanself en daarom die goeie belangstelling. Die sitplekke was vol met 46 geregistreerde kopers.

Francois Theron, Top B-Dorpers teel ekstensief met sowat 4 500 dorpers en het net van die heel beste skape al die pad van Upington af gebring vir hul jaarlikse veiling in Pretoria. Hul goeie bouvorm en gehardheid maak hul gesog.

Haraldo Smith het tydens die 2018 SA Nasionale Skou in Parys skoonskip gemaak. Dié beskeie boer is aangewys as die Teler van Kampioene. Sy boerbokke word gekroon as junior en senior kampioenram en –ooi. Annelie Smit van Chafra het pragtige wit dorpers aangebied. Sy is ook ’n bekende teler in die bedryf. Die wit dorpers het veral aandag getrek onder die kopers uit Zimbabwe.

Die duurste boerbokram is vir R50 000 verkoop aan Douw van der Merwe van Hokaai Boerbokstoet. Die duurste boerbokooi is vir R15 750 verkoop aan CR Botha Boerbokstoet van Zeerust.

Die duuste dorper is verkoop aan Renier te Dam vir R13 750 en die duurste wit dorper is ’n ram wat verkoop is vir R9 000 aan Daniel Maziriri van Breeding Bear Goats and Sheep van Zimbabwe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.