Goeie skuif vir Matlabas Midas

Personeel van Matlabas Midas pas nadat die winkel op 26 Augustus in ʼn nuwe perseel in Lephalale Square oopgemaak het

LEPHALALE — Matlabas Midas, ʼn gevestigde en hoogs gerespekteerde onderdelebesigheid, het op 26 Augustus ʼn nuwe perseel by die Lephalale Square betrek. Midas het die besigheid in 2013 gekoop en het vir jare in die Batis-gebou handel gedryf.

Volgens Lee Wessels, streeksbestuurder vir Midas, asook bestuurder by Matlabas Midas, is die verskuiwing baie voordelig. Die nuwe winkel in die Lephalale Square beskik oor ʼn beter infrastruktuur met genoeg ruimte en volop parkering. Sigbaarheid vanaf Nelson Mandelarylaan en goeie sekuriteit is onder andere ook ʼn groot aanwins. Die winkeluitleg is stylvol, modern, professioneel en prakties en ʼn lus vir die oog wat kopers dadelik welkom laat voel.

Lee nooi die gemeenskap uit om gerus ʼn draai by die nuwe winkel te maak om hulself met die splinternuwe voorkoms van die winkel te vergewis.

Die gala-opening vind op 28 September vanaf die oggend 08:00 plaas en klante kan verseker wees van hope weggeeprodukte van uitstallers, pryse, kompetisies en vele ander spesiale aanbiedinge. Lee bedank ieder en elke personeellid wat baie hard gewerk het om die winkel op so ʼn hoë standaard te kry.  

Kontak hulle gerus by 014 763 2478 vir meer inligting. Die nuwe Matlabas Midas is in die perseel van die “ou Edgars”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.