GPF – 2019 tot dusver

LEPHALALE — Die eerste vergadering van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vir 2019 is Donderdag 24 Januarie by die Mogolklub gehou.

Inbrake bly steeds ʼn probleem, veral in Onverwacht en Lephalale dorp en die vergiftiging van honde gebeur steeds gereeld. Troeteldiereienaars is versoek om hulle diere op te lei sodat hulle geen kos van enigiemand anders behalwe die eienaar sal eet nie.

Kontantonttrekkings is riskant en moet ten alle koste vermy word.

Dwelmmisbruik en die verspreiding van dwelms neem toe en ouers word versoek om nie naiëf te wees nie en om hulp te vra as hulle besef hulle kind gebruik dwelms.

Min rolspelers kon die GPF-vergadering bywoon aangesien die polisie, verkeersdepartement asook Exxaro-verteenwoordigers by ʼn ander vergadering was rakende die protesoptog by Exxaro vroeër die week.

Die leiers van alle buurtwagte in en om die dorp word versoek om voortaan die GPF-vergaderings by te woon en met die GPF te skakel ten einde ʼn veiliger dorp daar te stel.

Inwoners word gewaarsku om oplettend te wees vir “merkers” voor huise. “Merkers” voor huise het sedert November 2018 begin toeneem. Dié merkers kan wissel van ʼn sny in ʼn teël wat ʼn pyl aandui tot plastiek wat in heinings gedruk word.

Skakel die Dienskamer by 081 701 1089 indien enige misdaad vermoed word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.