GPF-bakkiewenner aangekondig

LEPHALALE — Die langverwagte wenner van die Toyota 2.8 GD-C Xtra Cab 4×4 Raider, wat deur die Lephalale Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) uitgeloot is, Russell Sadler, is Saterdagaand tydens ʼn gemeenskapsbraai by Machauka Lodge aangekondig.

Thys Eloff, voorsitter van die GPF saam met Russell Sadler by sy nuwe bakkie

Sadler het Saterdagaand ander verpligtinge gehad, maar Derick Kitching, seremoniemeester, het hom gebel om die goeie nuus te deel. Sadler was sprakeloos van verbasing en blydskap.

Die naaswenner wat R25 000 gewen het is Piet Goosen en Arnold Malan het R15 000 gewen. Die wenkaartjies is deur onafhanklike persone uit ʼn deursigtige bak getrek.

Nie een van die wenners was teenwoordig nie.

Na afloop van die aankondiging kon almal smul aan die kos wat gratis deur Erma Bekker voorsien is. Elkeen kon uit eie wil ʼn bydrae maak.

Kitching het al die borge bedank wat op watter manier ook al betrokke was en hy het Erma spesiaal bedank vir haar goedgunstigheid.

Thys Eloff, voorsitter van die GPF, bedank almal wat kaartjies gekoop het en die GPF op dié manier ondersteun het. Hy het ook almal bedank wat die geleentheid bygewoon en saamgekuier het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.