GPF dáár vir SAPD

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die stasiebevelvoerders van Villa Nora, Lephalale, Stockpoort grenspos en Groblersbrug grenspos het verlede Dinsdag die Lephalale gemeenskapsveiligheidsforum (LGVF) se vergadering bygewoon en vrae kon aan hulle gevra word.
Thys Eloff, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het gesê die groot rede waarom Lephalale Polisie so ‘n tekort aan mannekrag het, is omdat mense nie sake aanmeld nie. Hulle besluit sommer voor die tyd dat daar niks van gaan kom nie. “Hoe minder sake aangemeld word, hoe groter gaan die probleem word. Geen saak is te klein om aan te meld nie”.
Die algemene mening van die vergadering was dat die GPF die polisie baie graag wil ondersteun, maar daar kan nie ondersteuning gegee word as die polisie nie uitreik na die GPF en vra vir hulp en probleme identifiseer nie.
Die polisie moet hulle hand uitsteek na die GPF en die GPF moet gesien word as ‘n adviserende liggaam vir die polisie.
Marius Fuls, hoof van Ferroland Limpopo, het gesê die GPF en SAPD moet as vennote beskou word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.