GPF-kompetisie gestaak

LEPHALALE — Die GPF se Toyota Etios-kompetisie, waar kaartjies teen R250 gekoop kon word om ’n Toyota Etios te wen, is gestaak.

Die huidige ekonomiese situasie in die dorp het die organiseerders genoop om die kompetisie tot halt te roep. Almal wat wel kaartjies gekoop het word versoek om ’n e-pos te stuur na info@gpflephalale.co.za sodat terugbetalings aan hulle gedoen kan word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.