Griepmedikasie verkoop nie …

LEPHALALE — “Mense het voor én tydens grendeltyd groot voorrade ummuunversterkers en Vitamine C-tablette en -poeier gekoop. Klante het drie tot ses maande se voorraad medisyne vooruit gekoop,” sê Wilma Potgieter, administratiewe bestuurder by Koedoe Apteek.

Wilma sê ook dat hulle bietjie langer gewag het vir voorraad om afgelewer te word.

“Die verteenwoordigers het ons wel in kennis gestel dat ons langer gaan wag vir die voorraad om afgelewer te word,” sê sy.

Wilma sê die apteek het in Maartmaand vanjaar die grootste omset gehad sedert hulle ontstaan, maar verkope het sedertdien afgeneem. “Veral die verkope van griepmedikasie vir volwassens sowel as kinders is aansienlik minder in vergelyking met vorige jare”.

Johan du Preez, eienaar en apteker by Matimba Apteek in Onverwacht, beaam Wilma se stellings.

Volgens hom is die aflewering van voorraad baie stadiger as voorheen en baie medikasie is uit voorraad by die groothandelaars.

“Daar is vir seker baie minder siek mense – volwassenes en kinders. Aptekers doen gewoonlik baie goed in die wintermaande omdat meer mense dan siek is, maar dit is definitief nie vanjaar die geval nie,” sê hy.

Die verkope van items soos maskers en ontsmetmiddels het wel drasties toegeneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.