Groen Skerpioene neem aksie

LEPHALALE — Lede van die Groen Skerpioene van Limpopo en Nasionaal het Lephalale verlede week besoek om die haglike rioolsituasie te ondersoek. Die Munisipaliteit is Woensdag 15 Augustus besoek.
Die Groen Skerpioene, in samewerking met Afriforum Ellisras, het gedurende hulle besoek die meeste van die pompstasies besoek, maar hulle het Woensdagoggend 16 Augustus begin met die neem van watermonsters vir ontleding. Die verkeersdepartement se toetsterrein in OR Tamborylaan waar die rioolwater vir jare al opgedam staan was eerste aan die beurt. Dié water loop deur ‘n stormwaterpyp tot binne-in die Mogolrivier. Verskeie monsters is van die rivierwater geneem, verseël, gemerk en op ys geplaas.
Watermonsters is op verskillende plekke in die Mogolrivier geneem waarna dit na Pretoria vervoer is vir ontleding.
Teen druktyd was die uitslag van die waterontleding nog nie bekend nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.