Groentjies kap dit uit!

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se Groentjiekonsert wat Donderdag 2 Februarie in die skoolsaal aangebied is, het alle verwagtinge oortref.
Met die tema “’n Dag in ‘n Assie se skoene” het die hoofkarakters en dansers die gehoor op hulle voete gehad.
Die leerders het verstom met ‘n uitstekende produksie wat in ‘n rekordtyd aanmekaargesit is. Die hele produksie, selfs die beligting en klank, is deur die leerders self gedoen.
Die gehoor het geskater vir al die kwinkslae in die teks, geskryf deur Beulah Prinsloo en Britney van der Merwe.
Die propvol skoolsaal was ‘n getuienis daarvan dat die graad agt-leerders en hulle ouers die aand ten volle geniet het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.