Gróót bederf by Aloe Day Spa

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die dames van die SAVF Maroela-oord in Onverwacht is Donderdag 11 Mei omtrént gepamperlang en bederf by Aloe Day Spa by die Palm Park Hotel in Lephalale.
Volgens Arona Rossouw, eienaar van Aloe Day Spa, het sy en haar span dit goedgedink om die Maroela-oord se dames te bederf met die oog op Moedersdag.
Diegene wie se voete en hande klaar mooigemaak was, kon heerlik op die stoep sit en weglê aan die lekkerste koek en drinkgoed.
Die dames het dié besondere gebaar geweldig waardeer en hulle kon nie genoeg dankie sê vir die groot bederf nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.