Grootboomkompetisie — Tak Manketti

LEPHALALE — Die Dendrologiese vereniging van SA – Tak Manketti bied die Grootboomkompetisie aan vanaf 4 Februarie tot 29 Maart.
Al ooit gewonder of die boom wat jy bewonder die grootste in die omgewing is? Neem deel, en help die organisasie om groot/ou inheemse bome in die Lephalale-omgewing te identifiseer, die ligging aan te teken en te help bewaar.
Kompetisiereëls:
Die bestuurslede van Tak Manketti mag nie deelneem nie;
Inskrywings moet vergesel wees van koördinate/wegwysers, ‘n foto en die mate van die stamomtrek;
Naam en kontaknommer van deelnemer moet verskaf word.
Dr. Willie Barnard sal aan die hoof staan van die beoordeling en hy word ondersteun deur die bestuur van Tak Manketti.
Finaliste sal elke twee weke in die Mogol Pos en op Tak Manketti se Facebookblad aangekondig word.
Stuur asseblief u inskrywings na mrthscheepers5@gmail.com.
Skakel Vonnie Maree (voorsitter) by 082 788 0240, Marthie Scheepers (sekretaresse) by 083 609 0181, Andre van Stryp (bestuurslid) by 082 375 5481 of Kobus Roux (bestuurslid) by 082 923 0917 vir enige navrae of meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.