Hael soos tennisballe

ʼn Inskrywing op Storm Report SA se Facebook-blad, met foto’s van massiewe hael wat in die Tolwe-area geval het, het baie belangstelling ontlok. Eerstens oor die grootte van die hael en tweedens omdat baie mense nie geweet het waar Tolwe geleë is nie.

Kommentare soos die volgende is geplaas:

Genade ons dis erg!!!,
As daai klip jou alleen kry is jy dood
Wow what huge hailstones
Sjoe, dis nou wat mens klippe noem!
arme diere in veld
Daai hael slaan jou dood
No ways … those can take down Goliath
Daai stene is hondgroot
Waar is Tolwe?

Mogol Pos het vanaf Dinsdagoggend probeer om meer inligting te kry oor moontlike skade aan strukture, oeste, wild en kleinvee maar, internet-, telefoon- en selfoonopvangs was onstabiel en e-posse, Messenger- en WhatsApp-boodskappe het niks meer verklap as die grootte van die haelkorrels nie.

(Dankie aan Brewis Bore wat dié foto vir Mogol Pos gestuur het — Red)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.