Hardekole brand

Hardekool-(13)
Nog foto’s is op Mogol Pos se Facebook-blad. Deel gerus die foto’s met familie en vriende.

Ria Wells
LEPHALALE – Hardekole. Dit is die gewilde liedjie van Ricus Nel waarmee Hardekool Akademie verlede Woensdagaand, 31 Augustus, hul geslaagde Ghoema-aand onder die bosveldmaan afgeskop het. Die funksie is by die skool aangebied en bygewoon deur vriende, trotse ouers en oupas en oumas van die skool.
Wilna Muller, waarnemende hoof, het die gaste verwelkom terwyl Magdaleen Prinsloo as aankondiger opgetree het.
Verskeie ander Afrikaanse liedjies is deur verskillende graadgroepe uitgevoer met vlugvoetige danspassies daarmee saam en natuurlik was die kinders getooi in pragtige klere.
Liedjies soos Stop Wag, bly net ‘n bietjie; Babalela, Snak na my Asem en Hoor hoe raas die stilte is luidkeels gesing, asook ‘n pragtige keurspel van Carika Keuzenkamp.
Magdaleen het gesê dat daar tans ‘n Afrikaanse kultuurontploffing is as gekyk word na die hoeveelheid Afrikaanse films wat deesdae vrygestel word.
Die Ghoema-aand is gekenmerk deur kleur, kinderstemme, musiek en glimlagte. Nadat Jorrie Ellis ‘n tafelgebed gedoen het is daar heerlik gesmul aan sop, sjerrie, broodjies en ander lekkernye.
Die skoolgroep het die Ghoema-aand afgesluit met Hoor hoe raas die stilte …

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.