Hardekool plant bome

LEPHALALE — Nasionale Boomplantdag word reeds vir jare in Suid-Afrika gevier en skole word gewoonlik daarby betrek. Dit is ʼn gulde geleentheid om die kardinale belang wat bome in die ekosisteem speel aan die kinders uit te lig.
Hardekool Akademie, in samewerking met Afriforum Lephalale, het hulle kant gebring en Woensdag 20 September ʼn verskeidenheid inheemse bome by die skool geplant vir Nasionale Boomplantdag. Kobus Roux, boomkenner, het die bome geskenk en Aldo en Delyse Venter het Afriforum verteenwoordig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.