Hardies blink uit by Bybelkennis

LEPHALALE — Elf leerders van Hardekool Akademie het onlangs aan die landswye Bybelkennis-olimpiade in Bloemfontein deelgeneem en uitstekend presteer.

Erisa du Toit, Helgard Muller en Wian Lewies (graad 7) behaal ʼn eerste plek. Saam met hulle is Wilna Muller, wat die pad vir drie jaar saam met hulle gestap het

Erisa du Toit, Helgard Muller en Wian Lewies maak geskiedenis deur die kompetisie vir die derde agtereenvolgende jaar te wen. Hulle het ingeskryf as “Die 3 Verkenners”.

Wilna Muller, wat die pad vir drie jaar saam met hulle gestap het, is baie trots op hulle.

“Baie geluk aan dié drie slimkoppe,” sê sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.