Hardies leer van tandmuis

LEPHALALE — Die leerders van Hardekool Akademie het Vrydag 22 Februarie vir dr Charné Manten van die Easy Smile Mediese Sentrum gaan kuier om meer te leer oor wat ʼn tandarts doen.

Die leerders het begin deur die voel- en verkenningstafel te verken en baie daaruit geleer. Daarna was die tandartsstoel aan die beurt en elke leerder het ʼn kans gekry om te “vlieg”.

Die tandmuis se huis en pragtige voordeur is bekyk en daarna kon hulle kies tussen die tandmuis of -feetjie om ogies en blinkers op te plak.

Dié interessante kuier is met heerlike worsbroodjies afgesluit en die leerders sê hulle is na dese glad nie meer bang vir ʼn tandarts nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.