Hardies onderrig in emosies

LEPHALALE — Kinders is afhanklik van volwassenes om hulle nie net te leer lees en skryf nie, maar ook om hulle toe te laat om hul emosies te kan verwoord en hulle daarin te lei.

Hardekool Akademie se graad 0-klas het meer oor emosies geleer

Elke kind is uniek en sal binne die raamwerk van sy/haar opvoeding, in samewerking met ouers en die skool, ʼn eie begrip van die wêreld skep.

Hardekool Akademie het hul graad 0-klas verlede week meer oor emosies geleer, want dit is vir hulle belangrik dat hierdie jong kinders, elkeen uniek met ʼn eie persoonlikheid en verwysingsraamwerk, opge-wasse teen die lewe moet wees en gebalanseerd en gelukkig die toekoms tegemoet moet gaan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.